Lees

Skoolkinders besig om te lees

Lees is 'n manier om inligting te verkry uit 'n geskrewe bron. Lees behels om die simbole wat 'n taal uitmaak, te erken. Lees en luister is die twee mees algemene maniere om inligting te verkry. Inligting wat deur lees verkry word kan vermaak insluit, veral wanneer fiksie of humor gelees word.

'n Vrywilliger lees vir 'n meisie in Meksikostad

Lees is die proses om die sin of betekenis van letters, simbole, ens. in te neem, meestal deur sig.[1][2][3]

Vir opvoeders en navorsers is lees 'n veelsydige proses wat gebiede soos woordherkenning, ortografie (spelling), alfabetiek, klankleer, fonemiese bewustheid, woordeskat, begrip, vlotheid en motivering behels.[4]

Mense lees meestal vanaf papier, maar daar word ook van rekenaarskerms en ander elektroniese apparate af gelees.

Mense lees gewoonlik vir hulself, maar hulle kan ook hardop lees, byvoorbeeld wanneer hulle inligting aan ander voorlees. Hardoplees kan ook die leser help om te konsentreer op wat gelees word. Proeflees is 'n vorm van lees, met die doel om foute in 'n skryfstuk te vind.

Ander soorte lees en skryf, soos piktogramme (bv. 'n gevaarsimbool of 'n emoji), is nie op spraakgebaseerde skryfstelsels gebaseer nie.[5] Die algemene skakel is die interpretasie van simbole om die betekenis uit die visuele notasies of tasbare seine te onttrek (soos in die geval van braille).[6]

Lees is tipies 'n individuele aktiwiteit wat in stilte gedoen word, alhoewel 'n persoon soms hardop lees vir ander luisteraars; of hardop lees vir eie gebruik, vir beter begrip. Voor die herinvoering van geskeide teks (spasies tussen woorde) in die laat Middeleeue, is die vermoë om stil te lees as taamlik merkwaardig beskou.[7][8]

Daar is 'n groeiende hoeveelheid bewyse wat die belangrikheid van lees vir plesier vir beide opvoedkundige doeleindes sowel as persoonlike ontwikkeling illustreer. Foto: Lees 'n koerant in Catania, Sisilië.

As 'n ontspanningsaktiwiteit lees kinders en volwassenes omdat dit aangenaam en interessant is. In die VSA lees ongeveer die helfte van alle volwassenes elke jaar een of meer boeke vir plesier. Sowat 5% lees meer as 50 boeke per jaar.[9] Amerikaners lees meer as hulle: meer onderwys het, vlot en maklik lees, vroulik is, in stede woon en hoër sosio-ekonomiese status het.[9] Kinders word beter lesers wanneer hulle meer van die wêreld in die algemeen weet, en wanneer hulle lees as pret ervaar eerder as nog 'n taak wat uitgevoer moet word.[9]

  1. "Definition of 'Read'". www.merriam-webster.com.
  2. "Read definition and meaning | Collins English Dictionary".
  3. "READ | English meaning - Cambridge Dictionary".
  4. "What is reading? Reading Rockets". 24 April 2013.
  5. Joyce, Terry; Borgwaldt, S. (2013). Typology of Writing Systems. John Benjamins Publishing. p. 2. ISBN 978-9027202703.
  6. "What Is Braille?". The American Foundation for the Blind.
  7. "The Silent Readers". Alberto Manguel, Chapter 2 of A History of Reading (New York; Viking, 1996). Besoek op 20 Junie 2013.
  8. "How to Read Medieval Handwriting (Paleography)". chaucer.fas.harvard.edu.
  9. 9,0 9,1 9,2 Pinsker, Joe (19 September 2019). "Why Some People Become Lifelong Readers". The Atlantic (in Engels (VSA)). Besoek op 2 Oktober 2019.

Developed by StudentB